Meet the heart! | Circulatory system physiology | NCLEX-RN | Khan Academy

Meet the heart! | Circulatory system physiology | NCLEX-RN | Khan Academy



Ek hou regtig van hierdie skets wat ek gekry het. Dit wys jou presies waar jou hart in jou liggaam sit so jy kan sien dat die hart, aan beide kante, deur die ribbe omring word, reg? En in der waarheid, ek het dit nog nie ingeteken nie, maar laat ek jou wys waar die longe sal wees. Hierdie is die regter long en aan hierdie kant het jy die linker long. So dit is waar jou hart sit: tussen twee longe. En ek meen links en regs van die perspektief van die persoon wie se hart dit is. So dis hulle links en regs, wat die teenoorgestelde is van ons as ons daarna kyk. Die hart sit eintlik tussen die twee longe, in 'n beskermende omhulsel. Die ribbe is basis daar om al hierdie belangrike organe veilig te hou. So onder die longe, of as ons dit hieronder teken, kan jy nou sien – dat onder alles- is 'n regtig belangrike spier. Mense praat nie oor die spier nie. Dis nie die soort spier waaraan jy mense in die gym sien werk nie. Die spier word die diafragma genoem. So jou diafragma spier en jou ribbe omring die spasie, reg? Die diafragma word die vloer, en die ribbe is soortvan die dak en mure van hierdie spasie. As jy kyk na die inhoud van hierdie spasie – het jy die longe en die hart. Hierdie hele spasie word die toraks genoem. So wat presies doen die hart? Kom ons maak 'n spasie en kyk na die vergroting van die hart. Laat my begin deur jou te orienteer tot die hart. Dit is ons regter long en aan die ander kant het ons ons linker long. En al hierdie sou binne die ribbekas wees, maar ek gaan dit nie inteken nie, want dit maak dit moeiliker om die hart self te sien. So, om te dink oor presies wat die hart doen – dink ek 'n lekker manier is om jou te verbeel jy is 'n sel. So sit jouself in 'n sel se plek en kom ons se jy is 'n sel hier. Dis jy. En jy kan dink aan enige deel van die liggaam waar jy mag wees. Kom ons maak jou 'n sel in 'n toon. En as 'n toon sel is jou werk, natuurlik, om te leef en gelukkig te wees. En naby jou is daar 'n klein bloedvaatjie. In werklikheid, elke sel in jou liggaam, het 'n klein bloedvaatjie naby. En die toon sel probeer net bestaan. en toon selle benodig sekere dinge, reg? Hulle benodig, byvoorbeeld, suurstof. Ek sal di in wit skryf sodat dit duidelik is. Hulle benodig suurstof en hulle benodig voedingstowwe, reg? So – selle benodig sekere dinge om te leef en gelukkig te wees. En aan die ander kant maak hulle ook afval. Hulle is op 'n manier net soos ons, hulle maak afval. Die afval kan alle soorte dinge wees, en een waaraan ek kan dink is koolstofdioksied (CO2). so koolstofdioksied is afval vir die sel. So die sel maak afval en kom ons verbeel ons vir 'n oomblik daar is geen bloedvloei nie. So, self al is daar 'n bloedvat naby, is daar regtig geen vloei – so ek sla net skryf "geen vloei" So – soos die sel afval maak, sal die afval, kom ons teken 'n klein balletjie hier, al meer raak. Jy kry al meer en meer daarvan omdat die bloed nie vloei om dit te verwijder nie. Dit mag dalk self opeindig om al om ons toonsel te wees. So ons tooisel word oorval, letterlik deut sy eie afval. En aan die ander kant, krt dit suurstof en voedingstowwe? Nee. Hy kry net een van die twee nie. So, binnekort – ek sou se binne minute- dink ons toonsel "dis nie 'n lekker manier om te lewe nie!" Dis eintlik hartseer, dis aaklig. En as dit sou aanhou sal ons toonsel sterf. So wat 'n toonsel benodig, en wat elke sel benodigd, en dit kan 'n vingersel of 'n vel sel, of enige soort lewende sel wees – benodig is vloei. Reg? Dit benodig bloedvloei – konstant en egalig. En as daar vloei is het jy 'n ander prentjie, reg? As daar vloei is, dan skielik is al die afval weggeneem. Dit vloei weg en dis amper asof iemand omkom en die vullis optel sodat dit nie die hele huis vol le nie. So met die goeie vloei word suurstof en voedingstowwe afgelewer. So al die goed word afgelewer en skielik is die sel baie, baie gelukkig – en gaan hy goed lewe. So, as jy wil he al die selle in jou liggaam moet goed lewe, soos hierdie sel, wil jy goeie bloedvloei deur die hele liggaam he. Dis regtig die belangrikste punt. Jy benodig werklik, op 'n manier, bloedvloei wat kontant deur die liggaam loop en gedruk word. So, om dit vir biljoene en biljoene van jou selle te doen, het jy 'n regtige sterk pomp nodig, reg? iets wat al die bloed van die liggaam kan intrek en dan weer uitpomp. En did wat die hart is. Ek bedoel in sy erns, is dit presies wat die hart doen. Dis 'n ongelooflike pomp en druk bloed uit sodat jy goeie bloedvloei het. So ek gaan dit aan die kant skryf as werk nommer een. Hierdie is die hart se werke. So werke – en nommer een – is bloedvloei. En ek sal sistemiese vloei skryf. Sistemiese vloei. En al wat sistemieses vloei beteken is dat ek bedoel na die hele liggaam. So – systemies – as ek die woord noem, bedoel ek die hele liggaam. Al die selle in die liggaam. Nou, presies hoe dit gebeur, kan jy in hierdie prent sien. So, hier het jy 'n reuse vene, dis 'n vene, en jy het 'n arterie. Dis 'n arterie. En bloed vloei deur die arterie – in daai rigting. En dit kom eintlik in twee venes, die boonste, is die superior, superior beteken boonste. Superior vena cava. Dis die naam van die vene. En hier, aan die onderkant, waar jy dit nie kan sien nie, want dis aan die anderkant van die hart, is 'n ander vene genaamd die Inferior vena cava. En hiedie twee venes, dis ook 'n vene, hierdie twee venes trek bloed in vanaf die hele liggaam na die hart. En dan, wanneer die liggaam gereed is om dit uit te pomp, gaan dit na die arterie – genaamd die aorta. So – as jy al gehoor het van die aorta – dis die arterie waarvan mense praat. So dis hoe die bloed rond gepomp word. Maar dis eintlik nie die hart se enigste werk nie. Die tweede werk van die hart, is eintlik ook in die prent, en dit word pulmonere vloei genoem. Pulmonere vloei. So wat beteken dit? Wel, ons weet die selle verwag suurstof, reg? Dit weet ons. En hulle het 'n klomp koolstofdioksied afval. Wel, dis goed om dinge rond te beweeg. Dis goed om bloed rond te beweeg. Maar jy het nog nooit van die koolstofdioksied onslae geraak of nuwe suurstof ingebring nie. So die sel is nog nie gelukkig nie. Ek bedoel, jy kan bloedvloei he, maar een of ander tyd gaan dit ook suurstof wil he. En dit gaan wil ontslae raak van die koolstofdioksied. So dis waar die longe inkom. So wat in die hart gebeur, voordat bloed na die aorta gaan, voor dit net weer terug gaan na die liggaam, pomp dit die bloed na die longe. En die bloed gaan na die linker long, en na die regter long. En dan kom die bloed terug van die reger long en die linker long, en dit word teruggedruk na die hart, en dan uitgepomp deur die aorta. So daar is eintlik hierdie eksta stap, waar die bloed na en van die longe kom – en dis die pulmonere vloei. So die laaste ding wat jy sal oplet – en as jy na die prent kyk is dit moeilik om nie te sien nie is dat daar hierdie soort wriemelende klein bloedvate ooral oor die hart is. En wat presies is hulle? Ek bedoel daar is rooies en bloues – en die bloues is die venes en die rooies sie arteries, maar is hulle deel van die systemiese vloei, die pulmonere vloei of iets anders? Wel, hierdie vate, almal van hulle saam word die koronere vate genoem. En so spesifiek mag jy hoor van 'n koronere arterie, of 'n koronere vene, maar saam kan jy hulle koronere vate noem. Ek sal die woord bloed hier by voeg. So die koronere vate verskaf bloed aan die hartspier self. Ek bedoel onthou, die hart bestaan uit duisende en duisende, eintlik tiensuisende selle, en hierdie selle, net die toonsel wat ons geteken het, benodig ook suurstof en voedingstowwe en het afval. So, die selle benodig ook bloedvate wat aan hulle verskaf. So dis wat die koronere vate is. Hulle is letterlik die bloedvate wat verskaf aan die hart. So hiedie is die wat aan die hart verskaf. Nou dink, as hulle aan die hartspier en die hartselle versfaf, val hulle onder die sistemiese of pulmonale vloei? Wel as die hoof werk is om aan selle te verskaf, dan val die koronere vate onder die sistemiese vloei.

24 thoughts on “Meet the heart! | Circulatory system physiology | NCLEX-RN | Khan Academy”

  1. I really like the video, but i think that you should make the lessons like this a little more brief or exciting for people with a short attention span

  2. This toe cell is just trying to make a living

    https://trainershawn.com

    Trainer Shawn Personal Fitness Miami Brickell
    479 SW 3rd St Miami FL 33130
    305-535-6100

  3. Thank you so much Khanacademy, I am so appreciative of your videos. I just started using it and honestly am loving it. You are making everything very simple and easy. You are GOD sent. Please keep on the good work.

  4. Now I've seen a patient whose heart was on the right side of the body and I had to put on the electrodes for ECG on the opposite side, going across on the right side of the chest instead of the left.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *